Laerskool Horison se krieket is goed aan die gang aangesien minstens 10 leerlinge vanjaar vier onderskeie Sentraal-Wes spanne gehaal het.
Vroeër in die seisoen is daar spanne vir ‘n geslote Sentraal-Wes toernooi gekies waar Stefan Oberholzer en Regardt van der Riet die o.9, en Tiaan Fourie en Wian van Heerden die o.10 Sentraal-Wes spanne gehaal het.
Aan die einde van die krieketseisoen is daar weer proewe gehou vir die amptelike Sentraal-Wes krieketspanne waar Warren Paterson die o.12 A, Erik Beekman, Christo Stoop en Rynard Mouton die o.11 A en Kristian Roode en Ryan Goërtz die o.11 B Sentraal-Wes spanne gehaal het.
Die eerstekrieketspan het vanjaar aan die taai Sentraal-Wes Laerskole Krieket Unie se 15/15 Aandreeks deelgeneem terwyl die o.10-, o.11- en o.12-spanne gewys het wat in hulle steek tydens ‘n aandreeks war deur Laerskool Krugersdorp-Noord aangebied is.
Volgens Annemien Smith van die skool het Hories vir die redes “vanjaar groot hoogtes bereik. Dit was gemaak deur afrigting van beide skool en private afrigters.
“Baie dankie aan mnr Hannes Visser, Regardt Botha, Pierre Fourie, Fanie Oberholzer en alle ander persone wat ‘n rol gespeel het in ons seuns se krieketontwikkeling.
“Die Beheerliggaam het ook gesorg daarvoor dat ons pragtige nuwe krieketnette en blaaie gekry het sodat ons spelers in styl kan oefen.
“Nadat die nuwe krieketblad verlede jaar gelê is, het ons nou van die beste krieketfasiliteite van alle skole.”




