NewsSchools

Havies help families van afgesterwe polisiebeamptes ‘n 17de keer

170 + geskenke ingesamel.

Kersfees gaan nie net oor geskenke nie. Dit gaan ook oor barmhartigheid en die geboorte van Jesus Christus.

Hierdie boodskap is deur kuiergas, ds Christman Joel Krige van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die hoof van Laerskool Dr Havinga, Leon Visser aan leerlinge oorgedra tydens die oorhanding van geskenke aan die SAPD op Vrydagoggend 22 November.

Vir ‘n 17de keer het Havie-leerlinge, ouers en personeel die Afgesterwe Polisiebeampte-projek ondersteun. Vanjaar is oor die 170 geskenke ingesamel.

Die projek se mikpunt om kersgeskenke aan die families van afgesterwe polisiebeamptes in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in te samel.

Laerskool Dr Havinga is al vir jare die insamelingspunt vir die geskenke wat in Desember by die skool aan die families van die afgesterwe polisiebeamptes oorhandig sal word.

Visser het verder met ‘n knop in sy keel gesê, “Elke jaar gaan talle polisiemanne en -vroue dood, dan het daardie kinders nie meer ‘n mamma of pappa nie. Ons wil wys ons gee om en kom al ‘n lang pad saam met die polisie.”

 

Vanjaar is meer as 170 geskenke ingesamel.
Vanjaar is meer as 170 geskenke ingesamel.
Hoof van Laerskool Dr Havinga, Leon Visser oorhandig die geskenke wat Havies ingesamel het aan Ds Christman Joel Krige van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
Hoof van Laerskool Dr Havinga, Leon Visser oorhandig die geskenke wat Havies ingesamel het aan Ds Christman Joel Krige van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button