MunicipalNews

Veiligheid langs spoorlyn ‘n kwelpunt

Sekuriteit by Metro Rail-stasies laat veel te wense oor.

Die Record het onlangs ondersoek ingestel rakende die sekuriteit by Metro Rail se stasies.

Teen R7 vir ‘n eenrigting kaartjie na Johannesburg bly dit een van die goedkoper opsies vir pendelaars maar die sekuriteit laat veel te wense oor.

By van die stasies is die omliggende gebiede bebos en skep dit goeie wegkruipplek vir booswigte en ander ongure karakters.

Alhoewel die Record gedurende die dag die stasies besoek het, kon ‘n persoon steeds ongemaklik voel met sekere van die karakters wat slegs gelyk het of hulle vir kwaadgeld rondhang. Daar was wel sekuriteit, maar by van die stasies het hulle lui-lui in die kantoor gesels. Hulle was egter vinnig om die Record te verbied om foto’s te neem en redelik onvriendelik oor die algemeen.

Dit was ook hoogs ontstellend om plek-plek langs die spoorlyn te sien dat daar geen heinings is nie. In Witpoortjie is daar geen heining tussen ‘n speelpark en die treinspoor wat ‘n hanetreetjie weg is nie.

Verder is daar ook geen sekuriteit op die treine nie. So is een passasier onlangs van ‘n trein afgegooi en het hy die trein net-net gemis, maar sy been ernstig gebreek.

Die Record het tot die slotsom gekom dat Metro Rail beslis hulle sokkies kan optrek as dit by sekuriteit kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button