School sportSport
Kruiners se WWE-aanhanger stoei sy pad oop
Graad 2-leerling gekies vir Streekskompetisie in 2014.
Laerskool Helderkruin se grootste World Wrestling Entertainment-aanhanger (WWE), Robert Klinkenberg (Graad 2) is besig om sy pad oop te stoei.
Robert is gekies om volgende jaar aan die Streekskompetisie deel te neem nadat hy ‘n silwermedalje in die 32kg-gewigsklas tydens die Sentraal-Gauteng Stoeikampioenskappe ingepalm het.
Volgens Isobel Mitchley van die skool is Robert ‘n tipiese agtjarige.
“Hy is altyd besig, bedrywig en kyk gereeld na sy gunsteling TV-program, naamlik WWE. Hy speel graag tennis en het hierdie jaar besluit om by hokkie betrokke te raak.
“Ons wens vir Robert alles van die beste toe met sy voorbereiding vir 2014.
“Ons hoop jy stoei jou pad verder oop, Robert.”



