Rdpt se kragman Frikkie en sy leefstyl
"Om goed te lyk en naam te maak is maar net 'n bonus."
Hy is maar 1,74m lank, nog bloedjonk en kan met ‘n gewig van 160kg in sy hande rondloop asof dit niks is nie.
Dit is maar ‘n baie kort beskrywing van Roodepoort se kragman, Frikkie Page, wat besig is om groot naam te maak in die kragwêreld.
“Sterkman is nie ‘n stokperdjie of ‘n sport nie, dis ‘n leefstyl,” sê Frikkie.
“Hoe hard jy elke dag oefen, wat jy elke dag eet en hoe jy jou kop moet reg hou kan die uitslag van jou volgende kompetisie bepaal. Dit verg ongelooflik baie fokus en toewyding as jy bo wil uitkom.”
Toe Frikkie nog in die laerskool was, het hy al in die sport begin belangstel, en as 16-jarige reeds met swaar gewigte begin oefen. Hy het eers in 2011 aan Strongman-kompetisies begin deelneem.
“Ek het al van laerskooldae af op TV na The World’s Strongest Man gekyk en toe gesê ek wil eendag daar wees.
“Van toe af het ek hard geoefen. Ek het besluit om in 2011 met Strongman te begin nadat ek na die SA Strongest Man-kompetisie gaan kyk het en gesien het hoe Ettiene Smit, wat sewe keer SA Strongman-kampioen was, dit doen. Ettienne het my vir seker baie gemotiveer om Sterkman toe doen. Hy is ook een van my rolmodelle. Iemand anders na wie ek ook baie opsien is Gerhard van Staden (een keer) en Mariusz Pudzianowski wat vyf keer die World’s Strongest Man was.
“Om Strongman te wees, gaan vir my daaroor om aan myself te bewys dat ek dit kan doen, om my eie droom te bewaarheid en my doelwit te bereik; ook om vir ander te wys en te inspireer dat ‘n mens enigiets kan doen as jy in jouself glo en vertrou. Enigiets is moontlik en bereikbaar – dit hang net af hoe graag jy dit wil hê.
“Om goed te lyk en naam te maak is maar net ‘n bonus.”
Frikkie beskryf homself as ‘n positiewe persoon en iemand wat nie opgee nie.
“As ek vir myself ‘n doelwit gestel het, sal ek doen wat ek moet om dit te bereik. Ek is baie hardwerkend en baie passievol oor wat ek doen, en ek is baie mededingend,” beklemtoon Frikkie.
Frikkie sê sy oefenprogram vir ‘n week lyk tipies so:
Maandag:
• Back squat: een stel van 12 reps [herhalings], een stel van 8 reps, een stel van ses reps, een stel van vier reps, twee stelle van drie met gewig wat elke week meer raak
• Front squat: een stel van 8 reps, een stel van ses, twee stelle van vier
• Calves: Vier stelle van 15 reps
Dinsdag:
• Bench press: Een stel van 12, een stel van agt, een stel van ses, twee stelle van vier, een stel van twee
• Incline bench press: Een stel van agt, een stel van ses, twee stelle van vier
• Close grip bench press: Vier stelle van vyf
• Tricep push downs: Vier stelle van agt
Woensdag:
• Dead/lift: Een stel van 10, een stel van agt, een stel van ses, drie stelle van drie met die gewig wat elke week swaarder gemaak word
• Good mornings: Drie stelle van ses
• Machine pulldowns and rows
Donderdag:
• Apollon’s axle: Een stel van 10, een stel van agt, drie stelle van ses
• Seated press: Vier stelle van vyf
• Traps: Vier stelle van ses
Vrydag:
• Straight bar biceps curls: Vier stelle van 12, 10, 10 en agt
• Hammer curls: Drie stelle van 12, 10 en agt
• Concentration curls: Drie stelle van 12, 10 en agt
• V-bar push downs: Vier stelle van 12, 10 en 10
• Straight bar push downs: Drie stelle van 10, 10 en 10
• Skull cruches: Drie stelle van 12, 10 en agt
Saterdag:
• Rus
Sondag:
• Strongman-items oefening



