Latest SportSport

Finland, hier kom Frikkie

Frikkie wil die Wêreld se sterkste 105kg-man wees.

Die lang ure in die gimnasium en pakhuis waar die jong kragman Frikkie Page (21) week in en week uit spiere bou, het vrugte afgewerp.

Vir die eerste keer in sy lewe is die voormalige Hoërskool Bastion-leerling en glo Suid-Afrika se tweede sterkste kragman in die gewigklas van 105kg die geleentheid gegee om te bewys dat hy so sterk soos ‘n os is wanneer hy aan die einde van November aan die World’s Strongest Man-kompetisie sal deelneem.

Die kompetisie vind in Helsinki, Finland van 21 tot 28 November 2013 plaas.

Frikkie sê, “Die top twee kragmanne van ewekansige lande is uitgenooi om aan die onder 105kg World’s Strongest Man- kompetisie deel te neem”.

Frikkie het gekwalifiseer nadat hy ‘n tweede plek behaal het tydens die Suidelike Halfrond se Strongest Man-kompetisie wat aan die begin van die jaar in Australië gehou is.

“Dit is die heel eerste keer dat ek uitgenooi is om aan so ‘n kompetisie deel te neem. Ek wil baie graag in die top ses eindig en ‘n kans staan om vir daardie top drie plekke te baklei.

“Ek sal vir seker my heel beste gee om te wen. Bygesê, behalwe dat ek teen die wêreld se top kragmanne gaan meeding, wil ek meer ondervinding opdoen om te kyk waar ek myself kan verbeter vir die toekoms.”

Maar dis makliker gesê as gedaan en Frikkie sal verby die eerste rondte moet kom indien hy enigsins aanspraak kan maak op daardie eerste plek.

Sy program by die kompetisie lyk so:

• Log/ Axle Press vir een minuut (elke rep van die grond af): 120kg

• Deadlifts reps vir een minuut: 275kg

• Farmers hold solank jy kan: 2 x 150kg

• Conan’s circle: 300kg

Indien Frikkie vir die top ses kwalifiseer, sal hy die volgende ook moet vermag:

• Arm over arm

• Axle (last man standing)

• Atlas stone over bar reps: 140kg / 120cm

As Frikkie hier slaag, sal hy na die finale rondte deurdring waar twee items bygevoeg sal word. Die items word eers op die dag van die kompetisie bekendgemaak.

Ten spyte van die groot taak en uitdaging wat vir Frikkie voorlê, is dié ystertjie vol vertroue dat hy goed sal vaar en dat daar geen rede is om die genoemde take te vrees nie. Sy sterkpunte is die Log press, Axle press, Yoke walk, Wheelbarrow walk en Deadlifts.

Related Articles

Back to top button