Kritiek Aster — Almost Famous! (November 2013)
"Môre sonskyn, môregloed, soek na vrede, soek na goed."

Olivetti 45 — In no way has writing about it ever disappointed me. Especially not when you’re writing about your adventures with the Van Coke guys, né, Astertjie?
Newly-single Meerkat nearly didn’t go with me, maar Astertjie wen altyd. Ons het toe (hard by) Siedaar (gewerk) ses-nul opgeparty. Sy maaind gechange oor Van Coke Kartel.
My vorige ran-des-WOES met hierdie groepie het ‘n groot glimlag nagelaat. In die hartjie van Weltevreden Park het ek hul vasgetrek backstage vir ‘n vinnige onderhoud (wat later in ‘n lywige geselsie ontaard het). Dit na ek hewig met meneer-die-bestuurder daaroor moes stry. Nee, hulle is nog nie hier nie. Nee, hulle is nog by hulle hotel. Nee, hulle eet gou aandete voor die show. What dinner? Nee-nee. So laat ek nie myself flous nie. Backstage we went.
Jinne het ek gebewe van opgewondenheid. I then learned that the ascertained bassist nou nog nooit sy wortels gekoester het nie, and ended up explaining where his Gauteng namesakes originated. The guitarist would’ve been cute to most girls, all sweet and quiet in his corner, only speaking when spoken to and later shredding the stage apart. Drummerboy equally as shy, equally as enthused on stage. Meneer Van Coke wou net ‘n lighter hê.
Dié keer was almal ewe vriendelik en siedaar! Nog ‘n lekker geselsie is losgeslaan. Het dit dié keer werklik gegaan oor die groep ontmoet en daardie droom vervul of was dit net lekker om ou vriende (sjoe ek wens) weer raak te loop? Een of ander fliek noem mense saam met wie jy een keer in jou lewe, maybe twice, kuier ‘single-serving friends’. Dit is Van Coke Kartel glad nie. Ek’s gegroet asof ek ‘n ou maatjie is (eek! fangirl moment) en dis afgespreek dat ons later ‘n videotjie skiet na die stage rage.
“Môre sonskyn, môregloed, soek na vrede, soek na goed.”
En het die fans nie. Na die tyd was dit net t-hemde en CDs en kiekies en ‘n getekenry of note. Uiteindelik sê Meneer Van Coke hy sal ons nou-nou catch vir daardie onderhoud, deel sy nommer aan ons uit, en toe sluk ons maar ons sappies eenkant in anticipation. Sy blêrrie nommer is op my foon!
Ons is reg vir videotjie, nadat Meneer sy ciggie gelight kon kry. Die wremel van mense en klanke is so oordonderend ek hoor nie ‘n oomblik van sy terugvoer nie, en hoop en bid maar dat die klank wat op Astertjie se foon opgeneem word, goed genoeg is vir die beeldmateriaal.
Toe nou nie, maar maak dit saak? Maak dit saak dat Kleinsus se hemp nie geteken kon word nie? Not so much, ons kuier dan by rockstars.
Al wat regtig aan my ouers na afloop van die aand saak gemaak het is dat karretjie ‘n lekker hap weg het. Een of ander rondslinger het hom in die parking lot gestamp toe hy wegtrek. Dankie man. Astertjie vs Rondslinger met 4-0 … verniet sappies geniet, een rockstar nommer ryker, CD geteken en Meerkat convert. Almost famous!



