EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Grafsteensangers ten bate van Funzelela

Funzelela beoog om meer projekte te loots vir minderbevoorregte pensionarisse, na afloop van hul eerste konsert.

Inwoners het in die NG Kerk Kloofendal gesit en skaterlag vir die Grafsteensangers met Saterdagaand 2 November se optrede.

Die Grafsteensangers konsert is gehou deur die nie-winsgewende organisasie Funzelela, waarvan die eerste projek ‘n speelse ‘Operasie Ouma’ naam gegee is deur TV persoonlikheid Riaan Cruywagen. Riaan het as seremonie meester opgetree by dié konsert wat gehou is ten einde ‘n Mevrou Pretorius van Klein Helderkruin aftree oord se heupvervangingskostes te dek. Funzelela beoog om, met die afloop van hierdie eerste projek, ‘n reeks soortgelyke fondsinsamelings geleenthede te hou sodat nodige mediese onkostes vir minderbevoorregte pensionarisse gedek kan word.

“Hierdie aand is met baie groot passie gereël deur Funzelela,” het Riaan die aand aangekondig.

“Die Grafsteensangers is die bewakers van die begraafplaas, hulle is die tranetrekkers wat die truppel gal in elke glasie wyn proe.

“Hulle ken die bewoording van elke grafsteen, soos ‘hier lê Koos Kriek, hy’t die petrol getrap in plaas van die briek’ of ‘ek het julle mos gesê ek voel nie lekker nie’.”

Inwoners het heerlik gegiggel met die voorstelling en uiteindelike optrede van dié bekende groepie.”

Funzelela verkoop tans ook kaartjies vir ‘n kompetisie waarin ‘n oulike Ford Figo gewen kan word. Die bedrag wat ingesamel is na afloop van die aand is nog nie bekend gemaak nie.

Vir verdere inligting oor die projek, kontak gerus Lelani Nelson op 083 233 4291 of besoek hul webtuiste by www.funzelela.co.za .

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button