School sportSport

Lanternskool se Sportman van die Jaar aangewys

Veelsydige sportman Roelof stap weg met louere.

Veelsydige sportman Roelof van Heerden is onlangs as Lanternskool se Sportman van die Jaar aangewys.

Die jongman is met die groot eer ‘n trofee beloon vir sy uitsaande prestasies op die atletiekveld, en ook omdat hy met ‘n kolf in die hand presteer.

Rina le Grange van die skool vertel, “So ‘n trofeë word aan iemand toegeken wat op verskeie gebiede presteer en die skool in meer as een sportsoort verteenwoordig.

“Roelof het die skool op atletiekgebied by die Gauteng-kampioenskappe verteenwoordig waar hy ‘n eerste plek in spiesgooi vir seuns o.19 behaal het. Roelof is ook ‘n puik krieketspeler en het deur die jare verskeie kriekettrofeë ontvang.

“Hy is die afgelope drie jaar gekies vir die Gauteng Buitengewone Onderwys-krieketspan wat deelgeneem het aan die SA LSEN-skole krieketweek.

“Roelof is hierdie jaar ook as lid van die SA LSEN-skole krieketspan gekies. Ons wens hom sterkte toe vir die toekoms.”

Related Articles

4 Comments

  1. Hoe anders kan ouers wees as trots en BAIE dankbaar teenoor ‘n FANTASTIESE skool en ‘n baie goeie Hemelse Vader. Alle goeie gawes kom van BO!

  2. Roelof my ou groot seun geluk en ek en tannie Valerie is baie trots op jou. Dankie vir my wonderlike suster(Larina Hutton) en swaer(Billy Hutton) en n wonderlike skool(Lantern skool) en ook alle eer aan die HERE vir jou prestasies my seun. Hou so aan jy is n yster. Jou oom Ferdi is die trotste oom ooit ou bul.

  3. Ek dink Roelof van Heerden is geseënd met ‘n gawe wat skrik vir niks. Ek is seker daarvan dat hy sy Sportkurses op Universiteit volgende jaar gaan geniet en netso presteer.

  4. Baie geluk,jy verdien dit.
    Alle lof en eer aan die Here wat jou met sulke talente geseën het.
    n Wonderlike toekoms lê vir jou en wag.
    Jou ouers mag maar trots wees op jou!

Back to top button