EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Koos van der Merwe by NG Wilgespruit

Geniet unieke vertaalde treffers in Afrikaans by die NG Kerk Wilgespruit.

Sluit aan by die NG Kerk Wilgespruit op Sondag 27 Oktober vir ‘n unieke optrede deur Koos van der Merwe.

Luidens ‘n persverklaring is Koos ‘n bekende liedjieskrywer en digter en jarelange rubriekskrywer vir die Sarie tydskrif. Koos span kragte saam met Matthys Maree (bekend vir die Afri-Frans, Afri-Spaans en Afri-Talia albums) vir hul nuwe album, Leonard Cohen in Afrikaans waaraan Koos in 2012 begin werk het. Bekende vertaalde treffers soos Dance me to the end of love, Suzanne en Hallelujah pronk op die nuwe Afrikaanse album wat 14 snitte bevat.

Persverteenwoordiger Yolandi van der Wath glo dat “‘n aand met die betowerende melodieë van Koos se Cohen in Afrikaans soos die siel daarna verlang, ook sy eie gedigte en soms droë humoristiese stories, is iets om na uit te sien”.

Koos tree tydens die aanddiens op Sondag 27 Oktober op en sal reeds om 6.45nm begin. Kaartjies is beskikbaar teen R30 per persoon en kan by die kerkkantoor tussen 8vm en 1nm gekoop word, maar sal ook by die deure beskikbaar wees. Belangstellendes kan ook vir Marius Wienekus kontak by 072 180 6228.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button