Local newsNews
Chicken Runners hou eerste fondsinsamelingsgeleentheid.
Bromponieklub hou potjiekoskompetisie.
Die manne met die bromponies, die Chicken Runners, het op 12 Oktober met hul eerste fondsinsamelingsgeleentheid begin.
Die familiedag is by Falcon’s Nest restaurant (of Die Hoek soos dit onder die manne bekend staan) in die vorm van ‘n potjiekoskompetisie gehou. ‘n Heerlike kerrie-afvalpotjie was die wenner.
Volgende jaar in April (datums is nog nie vasgestel nie) gaan die bromponiebrigade met die Tuinroete langs toer. Soos gewoonlik gaan dit nie net oor die pret nie, want van nou af tot na afloop van die toer gaan hulle fondse insamel word vir ‘n jong leukemiepasiëntjie.
Enige iemand wat meer besonderhede wil hê of wil bydra kan Jannie Alberts by 072 311 0373 skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



