Dogters en ma’s van Laerskool Roodekrans het tydens ‘n ma-en-dogterdag honderde teddiebere ingesamel met die doel om dit vir liefdadigheid en ‘n kerk in Polokwane te oorhandig.
Volgens Theolene Pienaar van die skool, “Het almal by die Walter Sisulu Botaniese Tuine bymekaargekom om hul harte vir liefdadigheid oop te maak.
“Elke dogter was versoek om ‘n teddiebeer vir die geleentheid saam te bring wat op die einde van die dag aan ‘n verteenwoordiger van Houtkruis, ‘n gemeenskapskerk in Polokwane oorhandig is.
“Dit was ‘n heerlike sonnige dag en ma’s, dogters, oumas en vriendinne het heerlik piekniek gehou. Dit was ‘n dag waar almal net weer kon rustig raak en die pratige natuur geniet terwyl die dogters rondbaljaar het.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



