Local newsNews

Hessel gee woema vir jou siel

Sluit by Hessel van der Walt en die Gemeenskap sonder Grense aan vir woema vir jou siel.

Sluit aan by die Gemeente sonder Grense met hul Woema vir jou Siel-oggend in Heuningklip op Saterdag 5 Oktober.

Die Sama-beroemde Hessel van der Walt en sy duetmaat Mariesia tree van 10vm op.

Volgens Marie van der Watt, organiseerder van die oggend, het Hessel “die wonderlike gawe om mense te laag lag, te laat huil, te laat ontspan en te laat saamsing.

“Sy grootste vreugde en lekkerste lekker is om met sy gehore die vreugde en blydskap van Jesus Christus te deel.”

Volgens ‘n persverklaring is Hessel reeds 30 jaar in die musiekbedryf en het hy talle nommer-een treffers geskryf en gesing, waarvan meeste in die gospel-genre val.

“Hessel van der Walt se kragtige, diep en warm stem, deernis en liefde boul jou steeds uit!”

Die optrede sal ook dien as die vrystelling van sy nuutste kinder-en-gesinsalbum Hoffie en Oom Hes: Sing en Vertel.

Die Gemeente sonder Grense nooi die gemeenskap hartlik uit om hierdie verrykende oggend by te woon. Kontak Marie van der Watt vir meer inligting en besprekings by 084 503 4471. Besoek ook die Gemeente sonder Grense se webblad by www.gemeentesondergrense.co.za/GSG_info_4.htm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button