Latest SportSportUpdate

Loumari gaan defnitief in Spanje jaag

Jong spoedvraat se droom gaan waar word.

Die jong spoedvraat van Wilro Park, Loumari Grobler (23), se droom om in Spanje ‘n vrouesupermotorfiets-byeenkoms by te woon, gaan waar word.

So onlangs soos ‘n maand gelede was Loumari nog onseker of sy en twee van haar kollegas, Janine Davidson en Nicol van Aswegen, die FIM (Fédération Internationale de Motocyclisme) se opleiding en resies naweek in Oktober sou kon bekostig. Die drie se grootste probleem was om hulle motorfietse Spanje toe te verskeep aangesien dit baie duur is.

Nou het Motorsport South Africa (MSA) egter tot hulle redding gekom.

Al drie se vliegtuigkaartjies en verblyf is gereël deur die orginisasie wat ook vir elkeen in Spanje ‘n 1 000cc BMW gaan huur. Boonop het die orginisasie ook vir al drie ‘n tydelikke mediese fonds gereël.

Loumarie vertrek reeds 2 Oktober na Spanje en sal dan die naweek van 4 to 6 Oktober gevorderde opleiding kry in onder meer loopbaanbeplanning, veiligheid en die tegniese en teoretiese aspekte van die sport. Die resies op die Sondagmiddag sal die hoogtepunt wees waar die drie Suid-Afrikaners teen die beste vroue in die sport van regoor die wêreld sal deelneem.

Related Articles

Back to top button