NewsSchools

10 uit 10 vir Bastion se kunsleerlinge

Renosters se swaarkry en verkragting meestal uitgebeeld tydens kunsuitstalling.

Ongeveer 43 leerlinge van Hoërskool Bastion het hul kunslewe op die spel geplaas om beoordelaars tydens die skool se jaarlikse kunsuitstalling te beïndruk.

Bernadene Ross, die Ontwerp en Visuele Kuns onderwyser van Hoërskool Bastion sê, “Vanjaar s’n is gemik op Graad 10- tot 12-leerlinge met die doel om die dorp te wys dat die kinders talent het.

“Ons wil mense wys dat die vak Kuns nie net ‘n jappie-jappie-vak is nie en dat daar baie tyd, harde werk en moeite ingesit word.”

Bernadene het bygevoeg dat die skool tans met ‘n gemiddelde syfer van 75 persent vir die vak spog, en sê dat Bastion se kunstenaars met die beste kan kompeteer en hul werk met top skole tot so ver as Pretoria vergelyk kan word.

Die Record het op Woensdag 18 September gaan kyk hoeveel waarheid daarin steek, en was stomgeslaan.

Die tema het basies daarom gewentel om renosterstropery se geweldige impak op Suid-Afrikaners, dierebeskerming, legendariese rockmusiekgroepe soos die Beatles se sukses en selfs persoonlike ervarings uit te beeld. Renosters se swaarkry en lyding is meestal uitgebeeld.

Leon van der Merwe, ‘n Graad 11-leerling het besluit om vir sy tema, Save the Rhino, ‘n rok uit hare te ontwerp. Volgens hom is Lady Gaga sy inspirasie en die rede waarom hy op so ‘n vreemde produk besluit het.

“Die rok is heeltemal uit hare gemaak omdat die renosterhoring uit hare bestaan.”

Michelle Jacobs, ‘n Graad 10-leerling het altesaam 10 kunswerke uitgestal. Party daarvan is dinge wat sy self ervaar het, ander was oor die nagevolge van renosterstropery en selfs ‘n haai-aanval. Haar treffendste kunswerk was beslis ‘n legkaart van ‘n babatjie sonder privaat dele waardeur die leerling ‘n meisie wou uitbeeld wat deur haar ouers verkrag is.

Ander leerlinge soos Johani-Mari Strauss wou die arm samelewing en hul mense se swaarkry in haar skilderye uitbeeld. Sy sê ook dat die meeste van haar kunswerke op die werk van Vincent van Gogh gebaseer is.

Dan was daar natuurlik kunswerke waaraan daar byna ‘n ewigheid gewerk is. Lereza Basson, ‘n Graad 11-leerling het ‘n flamink met ‘n tandestokkie en verf geteken. Dit het haar vyf weke geneem om die skildery met dié tegniek, bekend as pointillisme, te voltooi.

 

'n Skildery deur Odette Pretorius.
‘n Skildery deur Odette Pretorius.
Lourens van der Merwe met die rok wat hy van hare gemaak het. Sy inspirasie? Lady Gaga.
Lourens van der Merwe met die rok wat hy van hare gemaak het. Sy inspirasie? Lady Gaga.
Michelle Jacobs by een van haar 10 kunswerke.
Michelle Jacobs by een van haar 10 kunswerke.
'n Kunswerk oor geslagkwessies gemaak uit klei en verf deur Alicha-Lee Zervas (graad 12). Die leerling sê dit gaan oor mishandeling konflik in die huwelik en fisiese en emosionele mishandeling.
‘n Kunswerk oor geslagkwessies gemaak uit klei en verf deur Alicha-Lee Zervas (graad 12). Die leerling sê dit gaan oor mishandeling konflik in die huwelik en fisiese en emosionele mishandeling.
Michelle Jacobs se legkaart van 'n babatjie wie se private dele vermis is. Die meisie is glo in regte lewe deur haar ouers verkrag.
Michelle Jacobs se legkaart van ‘n babatjie wie se private dele vermis is. Die meisie is glo in regte lewe deur haar ouers verkrag.
'n Ouer bekyk hier 'n paar skilderye en kunswerke tydens Bastion se Graad 10 tot 12 kunsuitstalling.
‘n Ouer bekyk hier ‘n paar skilderye en kunswerke tydens Bastion se Graad 10 tot 12 kunsuitstalling.
Lereza Basson (graad 11) se kunswerk oor Pointillisme. Dit het haar vyf weke geneem om die kunswerk met 'n tandestokke en verf te voltooi.
Lereza Basson (graad 11) se kunswerk oor Pointillisme. Dit het haar vyf weke geneem om die kunswerk met ‘n tandestokke en verf te voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button