School sportSportUpdate

Kruiners kraai koning in o.13-krieket

Slag Maragon met nege paaltjies in eindstryd.

Laerskool Helderkruin moet net nog ‘n sokker-, jukskei- en selfs ‘n rolbaltrofee inpalm om ‘n driekuns te behaal.

Dit nadat die skool se eerstekrieketspan gisteraand, Woensdag 18 September nog ‘n grote, die Sentraal-Wes Krieket Unie se 15/15 Aandreeks-trofee vir Laerskole omhoog gehou het.

Hierdie trofee sal nou langs die Goue Leeus-trofee vir Groot Skole wat die Kwaggas (Helderkruin se eersterugbyspan) in Junie verower het, in die kas pryk.

Tydens vanjaar se Sentraal-Wes Krieket Unie se 15/15 Aandreeks vir Laerskole, die 10de van sy soort, is goeie krieket opgedis en daar was heelwat talent te sien, maar daar was uiteindelik net een span – Kruiners. Hulle sluit hulle veldtog onoorwonne af met spog oorwinnings oor Weltevreden Park, Panorama, Krugersdorp-Noord (halfeindstryd) en Maragon in die eindstryd.

Maragon, die tweemalige kampioen van die reeks het met die laaste wedstryd van die Aandreeks eerste gaan kolf en moes ‘n totaal van 81 vir 6 in hul 15 boulbeurte probeer verdedig. Kruiners het die telling toe gemaklik in die negende boulbeurt gehaal, danksy Johan Mulder se skitterende 52 nun.

Helderkruin het in 2007 laas hul hande op die trofee gehad.

In die Plaat-eindstryd tussen Laerskool Kenmare – verlede jaar se bekerwenners – en Weltevreden Park was Welties op die dag beter en het die kragmeting met 23 lopies gewen.

Volgens Helderkruin se boeke is daar altesaam 64 sesse (tot en met die halfeindstryd) gemoker. Die Record het die eindstryd s’n bygetel, wat die aantal sesse in die reeks op 69 te staan bring.

Verskeie toekennings is ook dié aand aan die krieketmannetjies oorhandig. Die Speler van die Wedstryd van die onderskeie wedstryde wat in die Aanreeks gespeel is, het elkeen ‘n pienk bal gekry. Daar was ook toekennings vir Beste Veldwerker, Beste Kolwer, Beste Bouler, geborg deur Khosa Junior Krieketklub, en die vier spanne het medaljes ontvang.

Volledige uitslae van die Plaat- en Beker-eindstryde:

Weltevreden Park Primary 96 vir 9

• Welties top kolwers: Callum Broodryk 24 (4 viere en 1 ses)

Matthew 17 (2 viere)

Byron 12 (1 vier en een ses)

• Laerskool Kenmare top boulers: Dian 27 vir 2

Zian 23 vir 2

Armand 8 vir 2

Dewald 17 vir 2

André 4 vir 2

Laerskool Kenmare 73 almal uit

• Kenmare top kolwers: Riaan 19 (1 vier en 2 sesse)

Sarel 17 (3 viere)

Brendan 17 (2 viere en 1 ses)

• Welties top boulers: Callum Broodryk 10 vir 4

Travis 25 vir 2

Tristan 19 vir 2

Maragon 81 vir 6

• Maragon top kolwers: Josh 34

Teegan 29

• Helderkruin top boulers: Arno Meyer 8 vir 4

Laerskool Helderkruin 84 vir 1 na 8.2 boulbeurte

• Helderkruin top kolwers: Johan Mulder 52

Arno Meyer 16 nun

• Maragon top boulers: Marc 31 vir 1

Toekennings:

Spelers van die Wedstryd:

• Florida tn Maragon: Arni Enslin van Laerskool Florida met 56 lopies

• Helderkruin tn Welties. Johan Mulder van Laerskool Helderkruin met 98 lopies

• Kdp-N tn CKPS. Tiaan Niemandt van Noordskool met 51 lopies

• Helderkruin tn Panorama. Tristian Dullisear van Helderkruin met 3 paaltjies vir 5 lopies

• Kenmare tn Dr H. Zander Coetzer van Dr H met 2 paaltjies vir 3 lopies

• Maragon tn Roodekrans. Marc (van onbekend) van Maragon met 3 paaltjies vir 9 lopies

• Dr H tn Horison. George de Fouw van Dr H met 4 paaltjies vir 14 lopies

• Welties tn Panorama. Callum Broodryk van Welties met 51 nun, 5 viere en 2 sesse

• CKPS tn Unika. Zunaid Thomas van CKPS met 26 nun met 1 vier

• Roodekrans tn Florida. Taylor Barnard van Roodekrans met 3 paaltjies vir 12 lopies

• Kenmare tn Horison. André van der Walt van Kenmare met 91 nun met 15 viere en 3 sesse

• Unika tn Kdp-N. Jeandre Swanepoel van Noordskool met 33 lopies, 4 viere en 2 sesse

• Kenmare tn CKPS. Sarel Joubert van Kenmare met 137 lopies, wat 9 viere en 15 sesse insluit

• Welties tn Roodekrans. Callum Broodryk van Welties met 77 lopies. Sluit 1 vier en 7 sesse in

• Maragon tn Dr Havinga. Keayne Naidoo van Maragon vir sy 70 lopies nie uit nie. Sluit 11 viere in

• Helderkruin tn Krugersdorp-Noord. Johan Mulder van Helderkruin met 45 lopies van 12 balle af. Sluit 3 viere en 5 sesse in

Super Striker van die reeks: Sarel Joubert van Laerskool Kenmare

Veldwerker van die reeks: Divan van Tonder van Laerskool Helderkruin

Kolwer van die reeks: Johan Mulder van Laerskool Helderkruin

Bouler van die reeks: Arno Meyer van Laerskool Helderkruin

 

Spelers van Laerskool Kenmare stap met lang gesigte van die veld af na hul 23-lopie nederlaag teen Welties in die Plaat-eindstryd.
Spelers van Laerskool Kenmare stap met lang gesigte van die veld af na hul 23-lopie nederlaag teen Welties in die Plaat-eindstryd.
Kruiners se eerstekrieketspan (o.13) saam met hulle afrigters en die Sentraal-Wes Krieket Unie se 15/15 Aandreeks-trofee.
Kruiners se eerstekrieketspan (o.13) saam met hulle afrigters en die Sentraal-Wes Krieket Unie se 15/15 Aandreeks-trofee.
'n Weltie-speler duik hier vir skool en span. Dit was ongelukkig kort en hy is uitgegee.
‘n Weltie-speler duik hier vir skool en span. Dit was ongelukkig kort en hy is uitgegee.
Een van Kruiners se afrigters praat hard met sy manne voor dit hul beurt was om te gaan kolf.
Een van Kruiners se afrigters praat hard met sy manne voor dit hul beurt was om te gaan kolf.

IMG_8960 (Medium) IMG_8994 (Medium) IMG_8970 (Medium) IMG_8893 (Medium) IMG_8797 (Medium) IMG_9102 (Medium) IMG_9043 (Medium) IMG_9065 (Medium)

Related Articles

Back to top button