School sportSport
Bastion se Phillip haal Sentraal-Wes krieket
Veelsydige Phillip se toekoms op krieketveld lyk blink.
Phillip Voigt (Graad 12) van Hoërskool Bastion se toekoms op die krieketveld lyk blink nadat hy onlangs in die o.19 Sentraal-Wes krieketspan opgeneem is.
Die span sal gedurende die skoolvakansie teen ander provinsies kragte meet.
Phillip is ‘n veelsydige krieketspeler met ‘n kolfgemiddeld van 45. Vanjaar spog hy met sy grootste kolfbeurt van 118 nie uit nie teen Noordheuwel, en hy het 15 paaltjies in slegs vyf wedstryde geneem.



