School sportSport

“Ons het onttrek, is nie geskors nie” — Unika

Adjunkhoof van Unika sê sy sê.

Laerskool Unika se adjunkhoof van sport, Christo van Zyl sê hulle (Unika) het self uit die Prestige Aandreeks onttrek en is nie geskors nie, soos die Sentraal-Wes Krieket Unie oorspronklik aan die Record gesê het.

Unika, een van die gunstelinge in die reeks, se veldtog het na twee van hul spoggerige seges oor Constantia Kloof (van 75 lopies) en Krugersdorp Noord (van 30 lopies) in ‘n totale nagmerrie ontaard nadat dit aan die lig gekom het dat daar ‘n 0.14-speler in hulle span was. Die reëls wat aan die Record deurgegee is, is duidelik: Geen o.14- of ouer spelers mag aan die toernooi deelneem nie, dus niemand wat in 2000 en later gebore is nie.

Christo verduidelik dit so. “Laerskool Unika (Johannesburg Noord-Wes-streek), het telefonies ‘n uitnodiging van Johannesburg Sentraal-Wes ontvang om van 28 Augustus tot 18 September 2013 deel te wees van die Prestige Aandreeks by Laerskool Helderkruin.

“Ons het op kort kennisgewing besef dat slegs o.13-leerlinge in die Aandreeks mag speel, hoewel o.14-spelers wel in die Noord-Wes-streek mag speel. Met ons aankoms by die toernooi, het ons die organiseerders in kennis gestel dat ons met ‘n o.14-speler speel en daar is ooreengekom dat die speler wel mag speel.

“Ongelukkig het die kind se deelname die wedstryd in Unika se guns geswaai en na die wedstryd het ons (Unika) met die organiseerders gepraat om uit die Aandreeks te onttrek (gentlemen’s agreement) sodat die ander skole nie gepenaliseer kan word nie en dat krieket as spel bevorder kan word.

“Laerskool Unika wil graag van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê vir die Sentraal-Wes Laerskole Krieket Unie vir die uitnodiging na die Prestige Aandreeks en dat dit nie ons bedoeling was om die wedstryde te manipuleer nie, maar dat ons net aan ons krieketspelers ‘n geleentheid wou gee om teen ander distrikspanne (skole) krieket te speel.

“Mag die aandreeks van Sentraal-Wes van krag tot krag gaan en daar voortgebou word op die goeie organisasie van die toernooi.”

Halfeindrondte (Plaat):

• Laerskool Kenmare klop Constantia Kloof Primary met 220 lopies. Kenmare 263 vir 3 en CKPS 43 almal uit.
Kenmare kolf: Sarel Joubert 137 (9 viere en 15 sesse), Rain van Niekerk 91 (5 viere en 10 sesse).
Kenmare boulwerk: Zian Coetzee 0 vir 3, Arra Klopper 2 vir 2 en Sarel Joubert 18 vir 3.

• Weltevreden Park Primary klop Laerskool Roodekrans met 50 lopies. Weltevreden Park 143 vir 3 en Roodekrans 93 vir 4.
Welties kolf: Callum Broodryk 77 (1 vier en 7 sesse) en Travis Ladner 34 (3 viere).
Roodies boulwerk: Keagan Reinecke 30 vir 2.
Roodekrans kolf: Marco Claassen 26 nun (3 viere en 1 ses.
Welties boulwerk: Tristan 27 vir 3 en Nic Kankowski 10 vir 1.

Laerskool Kenmare speel dus teen Weltevreden Park Primary in die eindstryd van die Plaat Woensdag 18 September.

Die halfeindrondte bepalings vir die beker is Helderkruin teen Krugersdorp-Noord en Maragon teen Dr Havinga op Dinsdag 17 September.

Die volgende spelers ontvang ‘n Speler van Wedstryd-toekenning na hul puik vertoning gedurende die uitspeelrondtes. Na die afloop van die eindstryde sal daar ‘n kort prysuitdeling wees.

Woensdag 28 Augustus
• Florida tn Maragon. Arni Enslin van Laerskool Florida met 56 lopies.
• Helderkruin tn WPPS. Johan Mulder van Laerskool Helderkruin met 98 lopies.

Vrydag 30 Augustus
• Krugersdorp-Noord tn CKPS. Tiaan Niemandt van Noordskool met 51 lopies.
• Helderkruin tn Panorama. Tristian Dullisear van Helderkruin met 3 paaltjies vir 5 lopies.

Maandag 2 September
• Kenmare tn Dr H. Zander Coetzer van Dr H met 2 paaltjies vir 3 lopies.
• Maragon tn Roodekrans. Marc van Maragon met 3 paaltjies vir 9 lopies.

Dinsdag 3 September
• Dr Havinga tn Horison. George de Fouw van Dr Havinga met 4 paaltjies vir 14 lopies.
• WPPS tn Panorama. Callum Broodryk van WPPS met sy 51 nun, 5 viere en 2 sesse.

Woensdag 4 September
• CKPS tn Unika. Zunaid Thomas van CKPS met 26 nun met 1 vier.
• Roodekrans tn Florida. Taylor Barnard van Roodekrans met 3 paaltjies vir 12 lopies.

Maandag 9 September
• Kenmare tn Horison. Andre van der Walt van Kenmare met 91 nun met 15 viere en 3 sesse.
• Unika tn Kdp-N. Jeandre Swanepoel van Noordskool met 33 lopies, 4 viere en 2 sesse.

Related Articles

Back to top button