Graad 4-leerlinge van Laerskool Helderkruin het onlangs tydens ‘n kunsklas hul kreatiewe kant gewys deur bewertjies te maak.
Volgens Isobel Mitchley het leerlinge verskeie afvalprodukte soos proppies, vere en ou Kersversierings tot hul beskikking gehad om die pragtige bewertjies te maak.
“Leerlinge het gewoel, gewerskaf en die klein vingertjies het gesukkel om knope te maak maar na ‘n paar duisend probeerslae was hulle suksesvol. Hulle het dit vreeslik geniet, veral omdat hulle dit self gemaak het.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



