Local newsNews
Gemeente gooi mielies by kerk se lentefees
NG Gemeente Kloofendal se fees goed ondersteun.
Talle tannies, ooms, oupas, oumatjies, ouers en jongelinge het op Saterdag 7 September by die NG Gemeente Kloofendal opgedaag om deel te wees van die kerk se Lentefees.
Die opwindende fees het om 9vm begin en later die middag tot ‘n ag-nee einde gekom. Die Record, wat reeds in Opallaan van die geur van die boerewors en gesellige atmosfeer bewus geword het, kon dit net nie misloop nie.
Die ouer garde het die gemeente gelukkig gehou met die vars plante, ‘n koppie tee en natuurlik koek wat hulle verkoop het, terwyl ander weer ‘n glimlag op die kinders se gesigte gesit het met speletjies, die heerlike jaffels en ander lekkernye.
Die lente is hier, mense.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!








