School sportSport

Florries-eerstekrieketspan slaan Bastion uit die park uit

Verniel Witpoortjie-skool met 397 lopies.

Hoërskool Bastion se eerstekrieketspan het alle rede om hul koppe in skaamte te sak nadat Florries hulle met 397 lopies in ‘n onlangse 50-boulbeurt kragmeting verneder het.

Florries het eerste gekolf en ‘n reuse telling van 430 almal uit opgesit in 48.1 boulbeurte.

Sterkolwers was onder andere Mike Riley wat 177 lopies gemoker het. Hy was goed ondersteun deur Hylton Olewage (57).

Om regverdig te wees sou dit vir geen span maklik wees om so ‘n telling te probeer kry nie en ongelukkig moes Bastion die moeilike taak aanpak.

Dit was toe nie hulle dag nie en die Witpoortjie-skool het omtrent gevou en tot ‘n skamele telling van slegs 33 uitgehaal.

Florries se boulers wat uitgestaan het is Callie Seyffert wat met syfers van drie vir agt lopies in drie beurte, asook JJ Wiehann wat drie vir drie in een beurt spog.

Related Articles

Back to top button