Florida, Kruiners skop 15/15 krieket-reeks af met oorwinnings
Florida wen net-net, Kruiners kry wegholsege
Die eerstekrieketspanne van Laerskool Florida en Helderkruin het op dag een van die Sentraal-Wes Laerskole Krieketunie se 15/15 Aandreeks wat Woensdag 28 Augustus afgeskop het, as oorwinnaars uit die stryd getree.
Helderkruin het gemaklik met 68 lopies met Weltevreden Park afgereken terwyl Florida vroeër die dag ‘n bietjie harder moes werk om ‘n oorwinning van 17 lopies oor Maragon te behaal.
Laerskool Florida het eerste gekolf en ‘n ordentlike telling van 133 vir die verlies van vier paaltjies in hul 15 boulbeurte aangeteken. Top kolwers is Arnie Enslin 37, Chandre van der Merwe 29 nie uit nie en Kyle van Aswegen met 22. Maragon-boulers wat uitgestaan het is die hemelbesem Samu Nkomo wat met syfers van 3 vir 18 gespog het.
Maragon se kolwers het in hul 15 boulbeurte met ‘n totaal van net 116 vir die verlies van drie paaltjies geantwoord . Die kolwer Joshua Hoffman het sy span goed in die wedstryd probeer hou met ‘n kolfbeurt van 42 lopies, maar hy het geen ander ondersteuning behalwe die 18 lopies deur Keagen van der Merwe gehad nie.
Die wedstryd daarna tussen Kruiners en Welties het die skare behoorlik op hul voete gehad weens ‘n spoggerige kolfbeurt deur Kruiners – veral Johan Mulder se uitstaande 97 lopies van slegs 35 balle.
Johan het sewe viere en 10 viere gemoker en bygedra tot sy span se reuse totaal van 163 vir 7.
Johan wat slegs drie lopies benodig het vir wat ‘n onvergeetlike 100-tal sou wees, is been voor paaltjie betrap en uitgehaal.
Met ‘n lopietempo van oor die 20 per beurt sou dit vir enige span ‘n berg wees om te klim en dit was presies die geval toe Weltie-kolwers by die blad aankom. Ongelukkig kon hulle dit nie doen nie. Die kaptein van die Weltie-span, Calim Broodryk het wel alles met die kolf en bal gegee deur 42 lopies te moker en met boulsyfers van 2 vir 22 te spog.
Dag twee is op Vrydag 30 Augustus waar Helderkruin reeds in hul tweede kragmeting in aksie sal wees teen Panorama terwyl Krugersdorp-Noord en Constantia Kloof Primary School hul veldtogte teen mekaar sal afskop.
Dag twee uitslae:
Panorama Primary School tn Laerskool Helderkruin:
Helderkruin wen met nege paaltjies.
Panorama: Kolf: Branden du Plooy 26 lopies met 4 viere en 1 ses, Gabriel Solomons 8 lopies en Emmanuel Masina 7 lopies. Boul: Branden du Plooy 1 paaltjie vir 22 lopies en Keegan Jordaan 1 paaltjie vir 14 lopies.
Helderkruin: Kolf: Arno Meyer 48 lopies ni uit nie met 8 viere, Jacques Bohlman 12 en James du Plooy 2 nie uit nie. Boul: Tristan Dullisear 3 paaltjies vir 5 lopies, Conrad van Dyk 2 paaltjies vir 16 lopies en Arno Meyer 2 paaltjies vir 26 lopies.
Constantia Kloof Primary School tn Laerskool Krugersdorp-Noord:
Krugersdorp-Noord wen met 10 lopies.
Constantia Kloof: Kolf: Zunaid Thomas 33 lopies nie uit nie met 4 viere, Cameron Perumal 18 lopies nie uit nie met 3 viere en Keegan Horn 18 lopies met 3 viere. Boul: Zunaid Thomas 2 paaltjies vir 14 lopies en Tristan Phillips 1paaltjie vir 20 lopies.
Krugersdorp-Noord: Kolf: Tiaan Niemandt 51 lopies met 10 viere en Jeandre Swanepoel 13 lopies met 2 viere. Boul: Dean Liebenberg 1 paaltjie vir 15 lopies en James Coetzee 1 paaltjie vir 27 lopies.



