School sportSport

Kruiners se ‘3 Ninjas’

Twee broers en skoolmaat neem hul judo ernstig op.

Drie Kruiners, twee van hulle broers, is besig om diep spore in die sport judo te trap.

Nicolas (Graad 1) en James Janse van Rensburg (Graad 3) is onlangs tot die Western United Judo Assosiasie-span verkies wat van 28 tot 29 September aan die SA Judo Skole Kampioenskappe gaan deelneem.

James val in die gewigsgroep van 38kg en sy jonger boetie in die 27kg-groepsklas.

Isobel Mitchley, woordvoerder van Laerskool Helderkruin het die twee mannetjies voorspoed toegewens.

“Ons vertrou hulle gaan sommer goed vaar en wens hulle alles van die beste toe.”

Ivan Olivier, ‘n skoolmaat van die van Rensburgs het twee gouemedaljes ingepalm nadat hy in Julie aan die Sentraal-Gauteng Judo Kampioen van Kampioene Toernooi by die Universiteit van die Witwatersrand deelgeneem het.

James Janse van Rensburg.
James Janse van Rensburg.
Ivan Olivier.
Ivan Olivier.

 

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button