EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Klub hou lentedans dié September

Die Tradisionele Boeremusiekklub aan die Wes-Rand bied lentedans in September aan.

Op Saterdag 7 September kan boeremusiek-liefhebbers lente vier met ‘n lentedans in Witpoortjie.

Die Tradisionele Boeremusiekklub aan die Wes-Rand se voorsitter Flip Snyman het vir die Record vertel dat dit ‘n geleentheid gaan wees om te onthou. Die dans word by die Witpoortjie Ontspanningsentrum in Suidstraat gehou.

“Hugo Radley, Die Lekker Kêrels en Stephaan van Zyl gaan dié aand vir ons egte boeremusiek verskaf waarop ons lekker kan dans,” vertel Snyman.

Hy glo dat beide die ouer garde en die jonger klomp hul gate uit sal geniet. Ander ondersteunende kunstenaars gaan ook optree.

“Soos gewoonlik by ‘n dans sal ‘n lentekoningin en twee prinsesse ook gekroon word,” vertel Snyman.

“Almal is welkom. Ek glo die dans sal aanklank vind by bykans enigiemand.

“Ons nooi inwoners om hul eie mandjies te pak met eet en drinkgoedjies vir die aand.

“Kom geniet die aand saam met ons.”

Die drag vir die dans is netjies en kaartjies beloop R40 per persoon. Die Witpoortjie Ontspanningsentrum is geleë op die hoek van Suid- en Vermootenstraat. Kinders is baie welkom. Vir meer inligting, kontak gerus Flip Snyman by 011 955 3615 of 082 624 5308.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button