School sportSport

Dis Bastion teen Linden vir Afdeling B-kroon

Bastion oorrompel Trinityhouse, Bekker kry slae

Dis net so goed Shrek en Fiona kom nie bymekaar uit nie.

So kan Hoërskool Bekker se nederlaag van 47-5 teen Linden in die halfeindrondte van die Hoërskole-reeks op Woensdag 21 Augustus beskryf word.

Bekker se sprokiesverhaal het goed momentum gekry toe hulle onoorwonne in hulle groep was en met gemak tot die uitspeelrondte deurgedring het. Daar het hulle naelskraap met Jan Viljoen in die kwarteindrondte afgereken, maar met die halfeindstryd het die Bekker-trekker se wiele behoorlik afgeval.

Bastion, onoorwonne tot dusver, het die verdedigende kampioen Trinityhouse se harte gebreek met ‘n wegholsege van 45-21 in die ander halfeindstryd.

Dit beteken dat daar drie nuwe kampioene in elk van die drie afdelings op Vrydag 23 Augustus gekroon sal word.

In Afdeling A pak Menlopark vir Marais Viljoen terwyl die twee Engelssprekende skole naamlik Allen Glen High en Randpark High vir die Afdeling C-kroon sal koppe stamp.

Bastion het vir 'n tweede agtereenvolgende jaar tot die eindstryd duergedring na 'n spog orrwinning van 45-21 oor Trinity House.
Bastion het vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar tot die eindstryd duergedring na ‘n spog orrwinning van 45-21 oor Trinity House.

Related Articles

Back to top button