Ons Huis bedank graag al ons vriende!
Ons het ‘n wonderlike kermis gehad, God het ons geseën met ‘n fantastiese dag. Ons het die bedrag van R41 000 ingesamel.
Hiermee wil ek elkeen bedank wat deel van van die kermis en dit ‘n sukses gemaak het. Diegene wat vir ons goed gebring het sowel as die Ontdekkers Gereformeerde susters vir die poeding tafel en die Wilropark Gereformeerde susters vir die koek tafel.
Rencke Olivier en haar span vir die hantering van die wit olifant tafel, Trudie Bezuidenhout en haar span vir die boeke tafel, Wendy en Mae vir die skenking van die mandjies en verkoop van die kaartjies. Dankie aan Cecile en haar groep vir die aankope en hantering van die tombola tafel asook die Lions van Weltevreden Park vir die broodjies wat hulle geskenk het en vir die worsbroodjies (die braai en verkoop daarvan).
Dankie aan Irene en haar groep wat die heerlik pannekoek gebak en verkoop het en ook aan Fransie Schoeman en haar familie wat gesorg het vir die lekkerste vetkoeke. Dankie ook aan Wilna Dreyer en haar dogter met die hantering van die snoepie en Anne-Mari vir die kombuis hantering en kerrie en rys.
Dankie vir Mariete Olivier en haar span met die koffie en tee tafel, Kobie en haar kinders wat vir ons stormjaers gemaak en verkoop het en vir Caleb wat vir ons gereël het met Netcare 911 om daar te wees. Dankie ook aan Willie Smit wat al sy opbrengs van sy stalletjie vir ons geskenk het. Die helpers wat by stalletjies ingeval het en gehelp het, baie dankie aan julle.
Dit is mense soos julle wat dit moontlik gemaak het dat ons so groot sukses van die kermis maak.
Aan al ons uitstallers, baie dankie vir al die mooi goed en dat julle by ons kom uitstal en kuier het.
As ons gevra het, het Maria gespring in die kombuis — dankie daarvoor.
Dankie ook aan ons musiek mense — die Boereorkes en die Musiek Fabriek — wat die heerlikste atmosfeer geskep het waarin almal kon saamsing en saamdans.
Ons moet ook nie vergeet van ons veteraan karre nie — dankie aan die betrokkenes dat julle jul Saterdag opgeoffer het en kom uitstal het.
Aan die hart van hierdie kermis was Marietjie Greyling en haar fondsinsamelingskomitee. Baie dankie vir al die reëlings en die rondhardlopery.
Ons volgende funksie is ons damesontbyt met ‘n verrassing die jaar. Dit sal op 7 September plaasvind. As u graag iets wil uitstal kontak my asseblief. Ons het 24 tafels waarvoor ons gasvroue soek asseblief kom ons maak die funksie ook ‘n groot sukses.
Hou ook asseblief 29 November eenkant vir ons kersmark. Ek sal meer inligting deurgee op ‘n latere stadium.
Baie dankie aan almal wat betrokke raak by ons.
Kontak gerus Ons Huis by 011 672 5018 vir verdere inligting.



