Local newsNews

Tannie Hester verjaar

'Trollie-tannie' besoek 'Record' op haar verjaardag.

Tannie Hester van der Merwe, Witpoortjie se ‘trollie-tannie’, het op 1 Augustus ‘n rapsie oor ‘n driekwart eeu oud geword.

Op die dag het sy haar 76ste verjaarsdag vir ‘n rukkie by die Record kom spandeer. Sy was gretig om geselsies aan te knoop en het met die pragtige juweliersware om haar nek wat sy as geskenk gekry het kom spog.

Tannie Hester vertel dat sy kontant van ‘n inwoner as geskenk ontvang het, genooi is vir aandete en ‘n leser wat terloops by die Record-kantoor ingeloer het, het onderneem om later vir haar kruideniersware te bring.

Die Record-span het haar ook bederf met haar gunsteling roomys en kola.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button