School sportSport

Drie Florries haal verskeie SA-skolespanne

Twee netbaldogters en eersterugbyspanspeler haal die paal.

Drie leerlinge van Hoërskool Florida is onlangs in die SA-skolespan van twee verskillende sportsoorte opgeneem.

Joseph Dweba, die groot en veelsydige eersterugbyspanspeler het die SA Skolespan gehaal terwyl netbaldogters Elfrieda Wheeler vir die o.18- en Unelle Snyman vir die o.17 SA Skolenetbalspanne verkies is.

Joseph het reeds in 2012 die o.18 Goue Leeus se Akedemie-span verteenwoordig en in 2013 vir die 0.18 Goue Leeus se Cravenweekspan uitgedraf. Nie net staan Joseph sy man op haker nie, maar hy kan ook flank en stut speel. Sy insluiting was beslis nie ‘n verrassing nie en hy sal die afrigter van die SA Skolespan baie opsies gee.

Die span sal van 9 tot 17 Augustus met spanne van Frankryk, Engeland en Wallis kragte meet.

Wat die dogters en Florries se twee netbaluitblinkers, Elfrieda en Unelle aanbetref, het Elfrieda die goeie nuus tydens die afgelope wintervakansie ontvang toe sy vir die Goue Leeus se o.18-netbalspan in aksie was. Die o.18 SA Skolenetbalspan sal in die voorwedstryd van die Diamond-reeks speel waartydens spanne uit lande soos Malawi, Zimbabwe, Botswana en Zambië met Suid-Afrika se senior span sal meeding.

Die o.17 SA Skolenetbalspan waarvoor Unelle gekies is, be-oog om lande verder noord in Afrika aan te vat.

Related Articles

Back to top button