Local newsNews

Restaurant soek vrede met bure

Restaurant kom alle munisipale ordonnansies na.

Die gewilde kuierplek Die Waenhuis Restaurant is minder gewild onder sekere inwoners van die area en die Record het met mede-eienaar Hannelee Schutte gaan praat.

“Ons is bewus van klagtes in die verlede maar het uit ons pad gegaan om alle munisipale ordonnansies na te kom en het selfs ‘n akoestiese kenner ingekry om die klankprobleem uit te sorteer,” sê Schutte.

“Op aanbeveling van die ekspert beplan ons ook om die binnekroeg (waarheen hulle nou die musiek geskuif het) klankdig te maak.

“Ons probleem is dat ons nie met skimme kan kommunikeer nie en wil graag in vrede met die gemeenskap leef. Ons sal graag wil hê mense moet ons kom sien as iets hulle kwel,” sê sy na aanleiding van die feit dat hulle nie weet wie die klaers is nie.

“JMPD kom partykeer tot vier maal ‘n week hierheen en kan telkens niks fout vind nie. Volgens hulle is die klank 100 persent binne perke.

“Boonop was elke liewe inspekteur van elke departement al hier en waar nodig het ons gedoen wat gedoen moes word om die gemeenskap tegemoet te kom en die wet na te kom,” verduidelik Schutte.

Sy het ook gesê dat daar wel inwoners is – selfs een van die bure reg langs die restaurant – wat al vir haar kom sê het dat die Waenhuis se jolifikasies glad nie ‘n steurnis is nie. Verder het hulle ook ‘n reëling met Spar om hulle parkering na ure te gebruik en so is die probleem rakende motors wat in die straat parkeer ook opgelos.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button