CrimeNews

Inwoners wil verlate tennisklub gesloop hê

Skokkende voorvalle by verlate tennisklub lig wenkbroue.

Dwelms, verkragting en bendegevegte is die situasie waarmee inwoners van Sesdestraat in Maraisburg opgeskeep sit.

In ‘n buurt waar talle inwoners se kinders rondloop en speel, en waar ander die Suid-Afrikaanse droom lewe is daar ook ‘n verlate gebou waar daar skokkende voorvalle plaasvind.

Die Record het besluit om dié plek te gaan besoek en het op skokkende dinge afgekom. Wat glo eens ‘n tennisklub was, lyk sowaar soos ‘n uithangplek vir mense wat aan die donker kant lewe.

Mure is beskadig, daar is gate in die muur, die vier tennisbane is verniel, heinings is verwoes en rommel lê die plek vol gestrooi. Behalwe vir die toestand waarin die plek is, is dit veral die voorvalle wat daar plaasvind wat die wenkbroue laat lig en inwoners laat bewe.

“Dit is ‘n skuilplek vir dwelmmisbruikers en -handelaars, waar vroue al gehoor is gil, waar bendes mekaar aanvat, asook ‘n plek waar skelms beplan wie se huis volgende is.

“Ons wil graag hierdie verlate gebou gesloop hê,” het ‘n inwoner wat anoniem wil bly aan die Record gesê.

Die inwoner woon in ‘n huis in die straat sedert 1998. Toe was die plek reeds verlate. In Maart vanjaar is die gebou glo deur bendes afgebrand.

“Ons het al aaklige dinge hier sien gebeur. Daar was al bloed op die sypaadjie, voorvalle waar vrouens verkrag is en ander mense wat met messe aangeval is.

“Hoekom moet ons so lewe? Ons lewe elke dag in vrees.”

Dié inwoner was ook al amper ‘n slagoffer van misdaad toe ‘n man by haar agterhek gestaan het. Die man was glo goed geklee en toe daar vir hom drie keer gevra is wat hy in die erf soek het hy net gestaar en skielik weggeloop. Die geval het volgens die inwoner op Donderdag 21 Maart helder oordag gebeur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button