NewsSchools

Kleuterskool maak hul harte oop

Ouers en kinders samel hope klere vir liefdadigheid in.

Met ‘n hengse spanpoging het Tiny Twinkle Toddlers Toes, wat deesdae as die Prestige Baby and Kidz Academy bekendstaan, byna 20 sakke klere vir liefdadigheid geskenk.

Volgens die skoolhoof Yolanda Maree “het die versameling van die klere twee weke lank geduur. Maar as dit nie vir die 68 kinders van die skool en hul ouers se bydrae was nie, sou die projek, God is Good nie ‘n sukses gewees het nie.”

Sy vertel verder, “Ons wil graag al die kinders en hul ouers dankie sê dat hulle hul harte oopgemaak het.

“As jy wil ontvang moet jy ook gee en dit is die boodskap wat ek vir ons leerlinge wou oordra. God kyk na ons, en hierdie is ‘n geleentheid vir ons om terug te gee.”

Die sakke het ook skoene en ander geriewe bevat en is op Vrydag 28 Junie aan die Wees Gerus Kinderhuis in Florida oorhandig. Ds Morné Bruwer van die NG Kerk Wilgespruit is glo verantwoordelik vir dié kinderhuis.

Yolanda sê ook dat hul jaarlikse en opwindendste projek vir liefdadigheid, Carols by Candlelight, in einde November sal plaasvind. Alle fondse en items wat ingesamel word sal ook aan liefdadigheid geskenk word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button