EntertainmentLifestyleNewsSchools

Bekende kitaarduo stel nie teleur tydens Kruiner-koorfees

"Dié twee manne mag maar kitaar speel" – Kruiners.

Laerskool Helderkruin het met hul jaarlikse Koorfees dié jaar die voorreg gehad om die briljante kitaarduo, CH2, as gaskunstenaars te verwelkom.

Volgens die koorfeesorganiseerder, Carien Horn, het “Leon Gropp en Corneille Hutton Burger van CH2 ten spyte van ‘n baie vol program tyd gemaak om saam met sewe kore in ‘n heerlike fees van musiek op te tree”.

Horn het bygesê, “Wat hierdie koorfees so besonder gemaak het, is die feit dat al 400 koorlede in die ouditorium kon sit en die program saam met die 600 toeskouers kon geniet”.

“Die hoogtepunt van die Koorfees was sekerlik die massakoor van ongeveer 400 koorlede, begelei deur CH2, met Leon Gropp as solis.

Die lied, ‘n Nuwe Generasie, is met oorgawe deur die gehoor toegejuig”.

Dan het die Allegro Con Spirito kinderorkes, onder leiding van me Drina Naudé, elke koorfeesganger se hart sommer warm laat klop met hul fyn musikale klanke.

Kore wat opgetree het sluit in die Junior-en Seniorkore van Laerskool Horison, Junior en –Seniorkore van Laerskool Roodekrans en Laerskool Helderkruin se Junior en- Kinderkoor, asook die Colla Voce Jeugkoor.

Die pragtige, musikale uitvoerings van elke koor getuig van ure se harde werk deur koorpersoneel en koorlede.

Die veelsydige kitaargenres, van Pop-kitaarklanke tot Klassieke- en Spaanse style waarmee CH2 die gehoor betower het, het ook menige koorfeesgangers behoorlik regop laat sit.

‘n DVD-opname van die volle program is gemaak en kan by Carien Horn van die skool teen R50 bestel word.

• Besonderhede: Laerskool Helderkruin by 011 764 2506.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button